Word Gedoop
Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Matteus 28:19DOOPKANDIDATE VRAELYS
Alle persone wat die verlange het om gedoop te word moet asseblief al die vrae volledig beantwoord.
Doop Kandidate
Die volgende items moet asseblief saamgebring word wanneer U gedoop word.
Dames
Maak seker dat u iets onder die dooprok het om aan te trek aangesien die dooprok deurskyn as u uit die water klim. Dit sal goed wees as u dalk ‘n wit of room vollyf onderrok of halflyf onderrok en ‘n kortmou ves of t-hempie kan aantrek.
- Handoek.
- Droë onderklere.
- Borsel om u hare te kam.
Mans
Aangesien die dooprok deurskyn as dit nat is is dit raadsaam om ‘n ligte onderbroek aan te trek. ‘n Wit kortbroek sal ook die ding doen.
- Handoek.
- Droë onderklere.
- Kam om u hare te kam.