Word Gedoop

Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Matteus 28:19

DOOPKANDIDATE VRAELYS

Alle persone wat die verlange het om gedoop te word moet asseblief al die vrae volledig beantwoord.

Doop Kandidate

Die volgende items moet asseblief saamgebring word wanneer U gedoop word.

Dames

Maak seker dat u iets onder die dooprok het om aan te trek aangesien die dooprok deurskyn as u uit die water klim. Dit sal goed wees as u dalk ‘n wit of room vollyf onderrok of halflyf onderrok en ‘n kortmou ves of t-hempie kan aantrek.

  1. Handoek.
  2. Droë onderklere.
  3. Borsel om u hare te kam.

Mans

Aangesien die dooprok deurskyn as dit nat is is dit raadsaam om ‘n ligte onderbroek aan te trek. ‘n Wit kortbroek sal ook die ding doen.

  1. Handoek.
  2. Droë onderklere.
  3. Kam om u hare te kam.